Navrae
Ons beantwoord jou vrae, sodat leer eenvoudig bly.
Die antwoorde wat jou leerpad vorentoe neem
Het jy vrae oor ons kursusse of platform? Ons het die belangrikste antwoorde vir jou op een plek saamgestel om jou leerervaring eenvoudig, duidelik en selfversekerd te maak.
Gereelde Navrae
Hoe sluit ek aan?
Besoek die Kursusse-blad. Kies jou kursus; registeer jou profiel en betalingsopsie en geniet onmiddelike toegang.
Hoe kry ek toegang tot my kursus?
Na aankoop, geniet jy onmiddelike toegang tot die Leeromgewing. Jou login details word, via e-pos na die geregistreerde e-pos adres aangestuur.
Hoe lank het ek toegang tot die kursus?
Deur die Jaarlikse betalingsplan geniet jy outomaties toegang tot die program vir ‘n volle 365 dae, vanaf die dag waarop jy jou aankoop maak. Ideaal vir leerders wat vroeg in die jaar opteken, ‘n eenmalige betaling wil maak en ‘n groot besparing wil verseker. Geniet onmiddelik gereserveerde toegang tot die inhoud vir ‘n volle jaar. Die Jaarlikse betalings-opsie is beskikbaar met ‘n 30-dae geld-terug-waarborg.
Die Maandelikse betalingsplan bied ‘n aanpasbare maand-tot-maand betalingsopsie waar jy jou lidmaatskap kan bestuur na behoefte. Geniet outomatiese reg tot toegang deur ‘n maandelikse aftrek-order. Verskuif gemaklik van graad voor die nuwe akademiese jaar begin. Verskuiwing van Graad kan eenmaal per jaar versoek word en is afhanklik van kursus beskikbaarheid. Die Maandelike betalings-opsie is beskikbaar met ‘n 7-dae geld-terug-waarborg.
Ek het aangesluit en my betaling gemaak, wat gebeur volgende?
Jou login details word outomaties gestuur na die e-pos adres wat jy gebruik het om te registreer. Kyk asseblief in jou email inbox, sowel as die spam folder. Indien jy nie jou login details kry nie kan jy ‘n e-pos rig aan info@igniteeducate.co.za of ons skakel op 081 327 8324. Jou besonderhede sal dan weer vir jou gestuur word en ons sal jou bystaan tot jy toegang tot die platform verkry het.
Hernu my pakket outomaties jaarliks?
Die probleemoplossingsvaardighede wat Wiskunde ontwikkel, word toenemend belangrik soos ons ouer word en die beste resultate volg beslis wanneer leerder vroeg begin, en die program getrou deur die jaar gebruik van Graad 4 tot Graad 12.
Hoewel ons sterk aanbeveel dat jy die program getrou gebruik van Graad 4 tot Graad 12 of selfs later, bly die lidmaatskap binne jou beheer. Jy kan jou lidmaatskap jaarliks hernu, deur toegang tot die toepaslike Graad se kursus aan te koop of ‘n verskuiwing van graad te versoek. Indien jy kies om nie te hernu nie, sal jy toegang tot die inhoud verloor wanneer die 365 dae toegang verstryk.
Kan ek toegang geniet tot meer as een kursus/graad?
Natuurlik! Jy kan toegang geniet tot soveel kursusse as wat jy benodig en kan selfs afslag kry indien jy meer as een kursus aankoop.
Watter Grade dek julle inhoud?
Inhoud word aktief ontwikkel vir Graad 4 tot Graad 12 Wiskunde. Registreer gerus gratis onder ons Kursus-blad om eerste in kennis gestel te word wanneer nuwe kursusse vrygestel word en geniet 50% op beskikbare kursusse indien jy geregistreer is voor kursus-vrystelling. Intussen nooi ons jou uit om ons YouTube kanaal, IgniteEducate, te besoek vir toegang tot ons Graad 4 tot Graad 12 inhoud.
Ek het julle nou eers ontdek, wat gebeur volgende jaar as my kind na die volgende graad bevorder word?
Die Maandelikse betalingsopsie is ideaal vir ouers wat eers later in die jaar ons program ontdek. Teken aan en geniet volle beheer oor jou lidmaadskap. Kontak ons op via e-pos wanneer jou leerder na die volgende graad bevorder word en versoek verskuiwing van toegang na die nuwe kursus. Verskuiwing van graad is afhanklik van kursus beskikbaarheid terwyl nuwe inhoud ontwikkel word.
Aankoop van die kursus deur die Jaarlikse betalingsplan verseker toegang tot die kursus tot ‘n maksimum termyn van 365 dae na aankoop.
Jou kind kan dus in die opeenvolgende jaar steeds die inhoud benut as hersiening. Sodra inhoud vir die opeenvolgende jaar beskikbaar gemaak word kan jy versoek om jou kursus-toegang te verander na die volgende graad. ‘n Kursus-verandering kan slegs eenkeer in 12-maande versoek word.
Kan ek die inhoud aflaai?
Toegang tot IgniteEducate se Wiskunde programme word ekslusief beperk tot ons leerbestuurplatform en is beskikbaar vir gebruik deur geregistreerde IgniteEducate kliënte. Die inhoud op IgniteEducate se Wiskunde-platform is streng intellektuele inhoud van IgniteEducate en mag onder geen omstandighede versprei of verkoop word sonder geskrewe toestemming vanaf IgniteEducate nie. Onregmatige gebruik of verspreiding van ons inhoud kan lei tot vervolging.
Maandeliks
R449 maandeliks betaalbaar
- Onmiddellike toegang na suksesvolle betaling.
- Betaal maand-tot-maand via outomatiese aftrekking.
- Toegang hernu outomaties maandeliks.
- Vraestelle; Memorandums; Video-opnames; Toets Jou Kennis.
- 7-dae Geldterugwaarborg.
Sluit enige tyd aan. Geniet toegang direk na jou betaling prosesseer is.
Jaarliks
R3 999 jaarliks betaalbaar
- Onmiddellike toegang na suksesvolle betaling.
- Betaal eenmalig vir 365 dae toegang.
- 25% afslag.
- Beste opsie vir deurlopende leer en eksamenvoorbereiding
- Vraestelle; Memorandums; Video-opnames; Toets Jou Kennis.
- 30-dae Geldterugwaarborg.
Sluit enige tyd aan. Geniet toegang direk na jou betaling prosesseer is.
Familie Lidmaatskap
Binnekort beskikbaar
R7 199 jaarliks betaalbaar
- Onmiddellike toegang na suksesvolle betaling.
- Betaal eenmalig vir 365 dae toegang.
- Volledige toegang tot drie Grade van jou keuse.
- 40% afslag.
- Vraestelle; Memorandums; Video-opnames; Toets Jou Kennis.
- Beste opsie vir gesinne.
- 30-dae Geldterugwaarborg.